Immer gewilde kunstenaar, Huisgenoot Skouspel Ikoon 2009 en ‘n afrigter in Supersterre 2010. Bespreek hierdie eietydse legende vir ‘n Aandkonsert, Dames oggendtee, Fondsinsameling, Sondag erediens, Gospelkonsert, Feeste, Prestige aand (met -skool of kerkkoor) en vele meer.
‘n Deurwinterde Sanger van beide Klassieke en Ligte liedjies, is die innemende Manuel Escorcio bekend as die man met die goue stem. Dit was as opera sanger dat hy resensente en gehore gaande gehad het, maar dit is veral as sanger van ligte musiek dat hy wye aanvaarding en bekendheid verwerf het.
Hy is geseën met ‘n helder liriese stem wat hy beskou as ‘n gawe van Bo.
Agter die stem is ‘n spontane, warm mens en ‘n ewige optimis met ‘n borrelende humorsin en lewensvreugde.
Manuel besit grade in:
Sy oorlede Pa was ‘n Portugees van Madeira en sy Ma se familie kom van Mauritius af. As sewentienjarige het Manuel uit Mosambiek in Suid-Afrika aangekom; opsoek na sy plekkie in die son. Hy kon geen woord Engels of Afrikaans praat. Vandag sing hy vlot in 7 tale.
Hy het by die Helderberg Hoërskool gematrikuleer in Somerset-Wes. Hier in sy nuwe Vaderland het hy alles ontvang wat vir hom kosbaar en dierbaar is; sy kinders, sy musiek, ‘n tuiste, natuurskoon, vriende, ‘n ondersteuningsnetwerk en ‘n toekoms.
In 1983 was hy die eerste Suid AFrikaanse kunstenaar wat 2 konserte in Sun City se Super Bowl met die Gerry Bosman orkes opgetree het.
Op die gebied van sang het hy soveel vermag:
As kind het hy geen blootstelling aan musiek gehad nie. Hy vertel graag hoe sy talent as te ware in ‘n stort in die Helderberg Hoerskool Seunskoshuis ontdek is. Hy het altyd probeer om soos Mario Lanza te sing en sommer vir die “grap daarvan. Wilhelmina Dunbar was sy eerste sangonderwyseres. Prof. George van der Spuy het by die Konservatorium vir Musiek op Stellenbosch sy stem verder ontwikkel vir sy sangloopbaan.
Van 1977 tot 1979 was hy aangestel as dosent by die Musiek Fakulteit van Stellenbosch Universiteit. Manuel se stem is in Desember 1974 vir die eerste keer oor die Radio gehoor in Esme Euvrard se program, “Esme se Musiek Album”.
As Hoof Tenoor van KRUIK het hy in meer as 32 Opera’s gesing. Hy het nou meer as 4750 konserte suksesvol aangebied oor baie dele van ons wereld en meer as 2 miljoen kilometers afgelê op Suid Afrika se paaie. Tot op datum het Manuel ‘n verskeidenhed van 47 CD’s opgeneem. Dit sluit in Afrikaans, Klassiek, Portugees, Evangelie, Kersfees en ook vir ons Kinders. Twee volle DVD’s is oorsee opgeneem.
Manuel se nuutste CD opname “Aan die voete van Jesus” is sy eerste volledige Afrikaanse Evangelie Album.
Manuel is ‘n bekwame Sang en Koor beoordelaar by Kunswedstryde regoor ons land en bied Meester Kursusse aan in verskeie dele van die wereld. Hy was die Koor Direkteur van die Hottentots Holland Choral Society in Somerset Wes vir 4 jaar. Hy het die Messias van Handel, Haydns Skepping, Bachs Koffie Kantanta sowel as steiners Crucifixion gedeligeer. Hy was ook die bestuurder van die bekende “Men Gospel” Kwartet genaamd “MELODY 4. Hy is aangewys as die afrigter van die jaar, toe sy student Burger Le Roux, Patricia Lewis se Supersterre 2010 reeks gewen het.
Manuel Escorcio is een van ons beste uitvoer produkte. Hy sing dikwels in die V.S.A., Alaska, Kanada, Australie, Brasillie, NieuSeeland, Fillippeinse Eilande, Venezuela, Portugal en Fiji. Hy is aangewys as een van die 10 legendes van ons Afrikaanse musiek by Skouspel in Sun City (2009).
Manuel is een van die Stigtings Direkteure van die INNIBOS Laeveld Kunste fees in Nelspruit.
Hy het twee seuns, Marschant wat nou 34 jaar oud is en sy jongste seun Chandre wat tragies verdrink het op 18 Februarie 2008 te Loggiesbaai naby Llandudno Strand in die Kaap.
Suid Afrika kan trots wees op Manuel as Man, Kunstenaar en Musikant. Sy sang tref veral vanwee die onberispelike musiek kwaliteit, die waarde wat hy aan die woorde van elke lied heg, die sensitiewe frasering en die emosie van die Latynse bloed wat deur sy are vloei.
Manuel is inderdaad ‘n legende van Suid Afrika, ‘n legende in ons harte.